Kerk by 'n Kruispad - Week 9

Published: March 19, 2017, noon

b'Die boek Openbaring maak klaar by \\u2018n feesmaal (19:5-9) en by \\u2018n bruilofsfees (21:1-7). Katastrofe en chaos is nie die laaste woord in die Bybel nie \\u2013 en nooit die laaste woord vir \\u2018n gelowige of \\u2018n kerk by \\u2018n kruispad nie. God se plan met die w\\xeareld en met elke mense is redding en verlossing. Hy stuur sy Seun aarde toe om vir ons sondes te sterf, maar op die laaste bladsye van die Bybel s\\xea Jesus 3 maal: \\u201cKyk, Ek kom gou!\\u201d Jesus is oppad terug om ons as sy bruid te neem!'