Kerk by 'n Kruispad - Week 8

Published: March 12, 2017, noon

b'Openbaring wil ons leer dat God finaal die satan gaan verslaan. Jesus het aan die kruis die duiwel en die dood oorwin, en die finale oorwinning is gewaarborg. Tog weet ons dat die duiwel aktief besig is om ons te versoek en lewens te vernietig. Jesus leer ons bid in die Onse Vader: "Verlos ons van die bose...". Hy is self deur die duiwel versoek. Maar, ons weet dat die duiwel klaar verslaan is, en dat God die finale oorwinning gaan behaal - Openbaring 17:14. God sit klaar op die troon!'