Kerk by 'n Kruispad - Week 5

Published: Feb. 19, 2017, noon

b'Openbaring 4 en 5 neem Johannes in God se troonsaal in. Dit is opwindend om te sien dat die deur na die hemel toe oop is (4:1). En keer op keer is die reaksie om God te loof en te prys, te worship. Worship help ons om te onthou dat ons God op die troon sit en heers (4:2), dat ons nooit alleen is nie, dat Jesus ons lewens en toekoms in sy hande vashou en daarom kan ons sing.'