Counting the Cost - Week3

Published: July 13, 2014, noon

b'Ons verknogtheid aan geld en goed het die potensiaal om ons lewens te vernietig. Dit is die verhaal van Akan in Josua 7, wat mooi klere, goud en silwer na die inname van Jericho steel en wegsteek, maar ook die verhaal van Ananias en Saffira in Handelinge 5 wat jok oor hoeveel geld hulle tempel toe bring. Aldrie betaal met hul lewens daarvoor, want God verwag eerlikheid en egtheid van ons \\u2013 ook oor die manier waarop ons gee.'