Weerlose meganika: Elna van der Merwe gesels met Anton Roodt

Published: May 10, 2021, 2:58 p.m.

b'Anton Roodt, Bloemfonteinse argitek en die skrywer van Weerlose meganika, gesels met Huisgenoot-boekeredakteur Elna van der Merwe. Luister hier na hul gesprek op ons podsending.\\n\\nOor die roman: Onlangs is \\u2019n merkwaardige vonds gemaak: \\u2019n koperplaatfoto wat by die Slag van Bloedrivier geneem is . . . dit wys drie engele teen die oggendmis! Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die jaarlikse gedenkopvoering in Welkom. Maar vanjaar, tydens die kleedrepetisie, word die hoofengel vermoor . . . en die koperplaatfoto het verdwyn!\\n\\nOor die skrywer: Anton Roodt het \'n MA in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy praktiseer sedert 1982 as \'n professionele argitek en beplanner en het al verskeie toekennings vir sy firma se werk ontvang. Hy is ook \'n visuele kunstenaar en \'n lid van die Free State Art Collective. Hy en sy vrou, Zarine, woon in Bloemfontein.\\n\\nMusiek: "Signs" deur Divide by Nine - iMovie Royalty Free Music'