Tafelberg-boekgesprek: Tertius Kapp gesels met Carien Smith oor Bot

Published: June 24, 2022, 3:47 p.m.

b'In hierdie episode van NB-Uitgewers se podsending gesels Tertius Kapp met Carien Smith oor haar verrassende, onderhoudende kortverhaalbundel, Bot.\\n\\nIn hierdie ambisieuse debuutbundel word die leser op reis geneem. Na w\\xearelde van verstommende \\u2500 dog onmiddellik herkenbare \\u2500 tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die "alledaagse". Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensi\\xeble vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit?\\n\\nHierdie episode is tydens \'n Exclusive Books-webinaar opgeneem. Bestel jou eksemplaar by jou naaste tak of hier aanlyn: https://www.exclusivebooks.co.za/product/9780624092872'