Tafelberg-boekgesprek: Ivor Price gesels met Johannes de Villiers oor Meer as jou seerkry

Published: June 2, 2022, 11:40 a.m.

b'Wat is post-traumatiese groei? Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Luister na di\\xe9 episode van ons podsending vir Ivor Price se gesprek met Johannes de Villiers oor sy boek Meer as jou seerkry. Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek. \\nJohannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy k\\xe1n dit oorleef \\u2500 en selfs sterker wees.\\nDie roerende ware verhale van die mense met wie Johannes praat, wys dat pyn die saadjie kan wees vir iets kosbaar. Met die mindfulness-benadering wat hy hier deel, kan jy ook as \\u2019n nuwe, wyser en meer deernisvolle mens aan die anderkant uitkom.\\n\\nHierdie gesprek is oorspronklik in April 2022 hier op Netwerk24.com uitgesaai: https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/boekgesprek-meer-as-jou-seerkry-deur-johannes-de-villiers-20220412\\n\\nBestel Meer as net jou seerkry (Tafelberg) deur Johannes de Villiers by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.\\n\\nMusiek: \\u201cAutumn Leaves\\u201d deur Maarten Schellekens (https://freemusicarchive.org/music/maarten-schellekens/single/autumn-leaves/)'