Queillerie-boekgesprek: Jonathan Amid gesels met Rudie van Rensburg oor sy boek Monster

Published: June 10, 2022, 2:41 p.m.

b"Luister na die jongste episode van NB-Uitgewers se podsending om te voel asof jy ook by Rudie van Rensburg se onlangse boekbekendstelling was! Jonathan Amid gesels met Rudie oor sy jongste spanningsroman, Monster.\\n\\nWaaroor gaan Monster?\\nDie laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester (lesers onthou hom uit 2019 se Vloek) se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by 'n kruispad, en hy sluit aan by die Kaapstad-tak van Mercurius, 'n gesiglose steunpilaar van die CIA.\\nIntussen word \\u2019n w\\xeareldbekende Saoediese joernalis in \\u2019n konsulaat in Istanbul vermoor, met \\u2019n Suid-Afrikaanse joernalis as onwillige ooggetuie.\\nGevolge van di\\xe9 joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Sy pad kruis weer met di\\xe9 van Sarah, 'n bekende word grusaam keelaf gesny, en soortgelyke politieke moorde word uit die verlede opgediep. Saoediese agente en 'n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.\\nEn wie is die geheimsinnige tussenganger, Bahir, wat Saoediese sake in Suid-Afrika onder 'n dekmantel orkestreer . . .\\nBestel Monster deur Rudie van Rensburg by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802485\\n\\nDie episode is opgeneem by die boekbekendstelling op 7 Junie 2022 by Wordsworth Books, Willowbridge.\\nMusiek: \\u201cBase\\u201d deur Nul Tiel Records (https://freemusicarchive.org/music/nul-tiel-records/post-rock/base/)"