Kwela-boekgesprek: Trudi van Rooy gesels met Chase Rhys oor Misfit

Published: Sept. 6, 2022, 1:54 p.m.

b'In hierdie episode van ons podsending gesels aktrise Trudi van Rooy met Chase Rhys oor hul nuwe boek, Misfit: stories vannie anne kant. Die gesprek is opgeneem tydens die bekendstelling by Wordsworth Books Longbeach Mall op 18 Augustus 2022.\\n\\nMisfit bevat verwerkte rubrieke en kortverhale wat oorspronklik in Rapport gepubliseer is. Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualitieit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing \\u2013 die misfists. Ons leer ken vir Nana, \\u2019n onverwagse geestelike gids (dink Boeddha met geperoxide hare in \\u2019n updo), die lockdown-familiebraai oor Zoom, en hoe seksualiteit innie bruin gemeenskap navigeer word.\\n\\nChase Rhys (1989) is \'n romanskrywer, rubriekskrywer, dramaturg en draaiboekskrywer van Kaapstad. Hul debuutboek Kinnes het in 2019 die K. Sello Duiker-prys en die kykNET-Rapport-prys in die rolprentkategorie gewen. Chase se Suikewate-rubriek word in Rapport gepubliseer. \\n\\n Bestel Misfit by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting op ons webtuiste: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795710520\\n\\nMusiek: "Sun Nation" deur Ketsa van Free Music Archive https://freemusicarchive.org/music/Ketsa/darkness-and-light/sun-nation/'