Episode 14 | Schalk Van Heerden

Published: Nov. 18, 2020, 10:57 a.m.

Schalk Van Heerden: Betereinder | Skrywer | Leraar

\xa0

Ek en Schalk gesels oor wat dit vir ons beteken om Afrikaners te wees, oor Betereinders, oor hoe verantwoordelikheid neem, versoening en restitusie in aksie lyk, oor victimhood, witwerk en soveel meer.

\xa0

Hierdie was vir my \u2018n ongelooflike insiggewende gesprek. Schalk is \u2018n amazing voorbeeld van iemand wat sy agentskap gebruik om aktief te help heel maak, reg maak, homself toelaat om mens te wees in die proses en sodoende ook die mense rondom hom daardie toestemming gee. Ons almal kan so baie by hom leer.

\xa0

Baie dankie Schalk, dit was vir my \u2018n voorreg!