Christi van der Westhuizen: Gepubliseerde skrywer | Sosiaal-politieke kommentator | Akademikus
\xa0
Ek en Christi gesels oor wit opperheerskappy, akademiese aktivisme, die impak van ons geskiedenis, skaamte en soveel meer.
\xa0
Christi is \u2018n absolute powerhouse. Sy lei op die oomblik die navorsingsprogram by die Sentrum vir die Bevordering van Nie-Rassigheid en Demokrasie by die Nelson Mandela Universiteit. Sy is 'n gereelde openbare spreker en rubriekskrywer. Haar publieke werk is te sien in plaaslike, internasionale radio-, TV-, gedrukte en aanlyn-media.
Christi kry dit reg om met haar navorsing en skryfwerk \u2018n wesenlike impak in die denke, harte en menswees van soveel mense buite die akademie te maak. Sy is absoluut toegewy aan nie-rassigheid, gelykheid en regstelling. Haar lewe spreek in elke sin van die woord daartoe.
\xa0
Ons almal het so baie om te leer by haar. Hierdie gesprek was vir my baie betekenisvol en my wens is dat dit vir jou ook sal wees. Geniet dit!