Kom ons skop hierdie 75ste verjaarsdag goed af! Sluit aan by die verjaarsdagvieringe en luister saam na \u2019n voorlesing uit Pippie vier haar verjaarsdag in Die Pippie Langkous-omnibus. Bestel die omnibus by jou naaste boekwinkel of aanlyn.\nWie weet, dalk gaan soek julle na \u2019n paar spoke in die solder en ontdek sommer \u2019n paar skatte ook! \nHiermee die eerste voorlesing deur Christine Voorendyk.