Ons skulde: P.P. Fourie & Michele Meyer

Published: Aug. 15, 2023, 3:12 p.m.

Skink 'n koppie tee en kry 'n knus kombers - die nuutste episode van #NBBoekhoek is nou beskikbaar.\n\nIn hierdie episode van ons podsending gesels Michele Meyer met P.P. Fourie oor sy aangrypende roman, Ons skulde.\n\nMichele het met Fourie by Die B\xf4rdienguis gesels en die yskoue aand was perfek gepas vir hulle gesprek oor Ons skulde, 'n boek wat lesers net nie kan neersit nie.\n\nMichele en Fourie se gesprek is ewe boeiend. So, maak jouself tuis in jou gunsteling boekhoek en luister gerus.\n\nOns skulde deur P.P. Fourie is by goeie boek- en aanlynwinkels beskikbaar.\n\nWaaroor gaan Ons skulde?\nEmma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag \u2019n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem s\xf3 gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester \u2019n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?\nMet die spannende ontrafeling van \u2019n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek. \n\nMusiek:\nKai Engel - Moonlight Reprise\nFields Ohio - Anti-Saloon League Midnight Mystery