Onderhoud met Marzanne Leroux van der Boon op MedFM

Published: Aug. 31, 2020, 1:52 p.m.

Luister hier na \u2018n onderhoud met veteraanskrywer Marzanne Leroux van der Boon op MedFM waar sy oor haar nuutste boek Israel-reeks 11: Hooglied gesels.\n\nDie Jode het nog altyd \u2019n lied gehad om te sing: Soms \u2019n lied van vreugde; soms \u2019n lied van pyn en lyding. Ook vir die Kriges is daar vreugde liedere en pynliedere. Yhoshi word dertien en dis tyd vir sy bar mitzvah. Die kleine Chaya is twee en \u2019n blye lied vir almal om haar. Mara is in Jerusalem waar haar Joodsheid \u2019n nuwe lied vir haar word. Daar is ook \u2019n pragtige loflied wat gesing word deur Re\u2019uven en Shlomit. Maar waar sal Marc sy vreugdelied vandaan kry waar hy weereens in die Haddasah-hospitaal pleit vir \u2019n geliefde se lewe? \n\nHooglied is die elfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se topverkoper- Israel-reeks. Marzanne besoek Israel gereeld en met haar diepgaande kennis van Israel skryf sy die Joodse leefw\xeareld vir haar lesers oop.\n\nIsrael-reeks 11: Hooglied is landwys by boekwinkels en aanlyn beskikbaar.