In gesprek met Antjie Krog

Published: Dec. 8, 2020, 12:19 p.m.

In hierdie episode hoor ons by Karen de Wet, die samesteller van 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog, asook by Krog self wat hierdie bloemlesing vir hulle beteken. Verder voer Helen\xe9 Prinsloo 'n gesprek met Antjie Krog waarin sy gesels oor 50 jaar van digter wees en verskeie gedigte voorlees soos n\xe9t sy kan.\n\nKrog is \u2019n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar n\xe1 haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar \u2019n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. \n\n'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre.\n\n'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog is beskikbaar by boekwinkels en aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180511\n\nMusiek: "Realness" deur Kai Engel (https://freemusicarchive.org/music/Kai_Engel/Better_Way/Kai_Engel_-_Better_Way_-_03_Realness) en "Hopes and Dreams" deur Kai Engel (https://freemusicarchive.org/music/Kai_Engel/Better_Way/Kai_Engel_-_Better_Way_-_05_Hopes_and_Dreams)